Weggesteek, maar steeds binne stap afstand vanaf die kampeer area is daar ’n oulike hartbees boshuisie van klip vir mense wat nie wil kamp nie. Dit het klipmure, ‘n sinkdak en rietplafon.
Dit is bo-op ’n hoogtetjie gebou waarvandaan mens die blou Waterberge kan bewonder. Die huisie het een slaapkamer met ’n dubbelbed en en-suite toilet en stort.
Daar is ook ‘n kombuis/ woonkamer met ’n kaggel en ’n ekstra bed.
’n Vierde persoon sal ook wel op ‘n matras op die vloer kan slaap.
Buite het die huisie sy eie veldtuin met 'n lapa boskroeg en 'n kuierplek wat met 'n sonsambreel toegerus is.
Die boshuis is ten volle toegerus met krag, 'n mikrogolf oond en ook 'n yskas. Bring slegs u eie handoeke.