Daar is twee ablusie blokke. Die een blok het 'n afsonderlike toilet en stort met lekker ruimte vir klere ophang, sit en aantrek. Die ander blok het twee afsonderlike eenhede (mans en dames) elk met 'n wasbak, stort en toilet. Die geriewe is skoon, netjies en goedversorg.
Die sentrale kombuis beskik oor 'n opwasbak en vrieskas.
Die kuier kraal het plek vir tot 20 mense wat saans saam wil kuier.
Bedags kan daar by die mini swembad vergader word. Die ‘swembad’ is groot genoeg vir twee persone of moontlik vier. Hierdie is eintlik ’n soort bosveld borrelbad sonder die borrels met koue water.
'n Swaai en ook 'n trampolien is beskikbaar vir kinders.
’n Buite opelug stort dien om heerlik af te koel, sommer met klere-en-al soos party gaste dit doen.
Die uitkyk toring bied ’n pragtige uitsig oor die bosveld en berge. Dit is ’n wonderlike plek om ook die bekende rooi-oranje bosveld sonsondergang te geniet.
’n Onderdak area is beskikbaar vir veerpyltjies en ’n wit muur vir ’n projektor - net wat nodig is vir familie-byeenkomste of groeps vergaderings. Daar is kragpunte, 'n braai staander en staal tafel. Die oop stoep grens aan die tweede ablusie-blok (wat uit twee stort-toilet-wasbak eenhede bestaan).
Onderneem 'n rustige staptog op ons plaas. Indien u (baie) gelukkig is kan u dalk wild te sien kry op ons aangrensende buurplase. Of, ons reel vir u 'n wildrit by die bure.