Kampering

Die kampeerterrein is doelbewus klein gebou met net vyf staanplekke, elkeen met sy eie kragpunt en 'n waterkraan naby. Elkeen het sy bosveld boom vir koelte.

Kamp Meer Privaat

Drie van die staanplekke is 'n klein entjie weg van die sentrale geriewe - vir diegene wat privaatheid en stilte wil geniet. Hulle het elkeen sy eie vuurmaakplek binne 'n private klein lapa, hul eie asblik en waterkraan naby. Die sentrale ablusie blokke en kombuis geriewe is steeds binne kort loop afstand van hierdie drie kampplekke.

Kamp Meer Gerieflik

Die ander twee staanplekke (ons "prime spot") is reg langsaan die sentrale geriewe op 'n lowergroen grasperk, met water, krag, braaiplekke en asblikke naderby.

Die hele kampeerplek kan deur 'n kleiner groep beset word. Die fasiliteite kan tot 20 mense huisves wat graag saam wil kuier.

KARAVANE - nie aanbeveel op die grondpad nie.

U word vriendelik versoek om nie u STUKKENDE KAMPPEER TOERUSTING agter te laat wanneer u vertrek. Ons het nie n asgat nie.

Alle vullissakke word na Nylstroom weggery.

Een van die hoof kampplekke
Een van die hoof kampplekke
Kampplek
Kampplek
Uitkykdek
Uitkykdek


Familie reunie
Familie reunie
Die hoof ablusie en kombuis blok digby kampplekke nommer 1 en 2
Die hoof ablusie blok en kombuis digby kampplekke nommer 1 en 2
Die kuier kraal
Die kuier kraal